Geskiedenis

Die Hoërskool Velddrif is in 1890 gestig as ‘n privaatskooltjie. Oor meer as ‘n eeu het hierdie “skooltjie” gegroei tot een van die mees gerespekteerde sentrums vir Christelike Hoër Onderwys aan die Weskus; en ook ‘n formidabele entiteit om mee rekening te hou op sport- en kultuurgebied.

Skoolhoofde oor die jare:

1890 – 1893       Mnr. Daniël Orffer
1894 – 1925       Mnr. P.J. Geldenhuys
1925 – 1926       Mnr. I.J. Smit
1927 – 1931       Mnr. A.P. Viljoen
1932 – 1936       Mnr. C.J. Potgieter
1936 – 1943       Mnr. J.H. Burger
1944 – 1966       Mnr. P.J. Louw
1967 – 1982       Mnr. G. Nieuwoudt
1982 – 1996       Mnr. D.J.E. Smit
1996 – 2012        Mnr. D.J.A. Brand
2013 –                     Me. A Van Der Westhuizen


Die skoolwapen:

Die skoolwapen is ‘n heraldiese weergawe van die dorpsomgewing. Vyf golwende wit bane stel water voor, naamlik die Bergrivier en die see. Die boot is ‘n gestileerde weergawe van ‘n visserskuit; dit dui op Velddrif se visbedryf, waarop die dorp se ekonomie grootliks gebou is. Die brug dui op die brug tussen jeug en volwassenheid. Die son het betrekking op die wapenspreuk – Streef Hoër.

Die skoollied:
Walter Swanson
Woorde – J. le Roux

Aan die oewer van die Berg
Waar die see met eb en vloed
Dag en nag sy water stoot:
Daar verrys ons Velddrif-skool
Met sy leuse as simbool:
“Ons streef hoër”, sterk en groot!
Hoog, hoog, hoër –
Ons werk en speel en lag.
Hoog, hoog, hoër –
Ons streef hoer elke dag!

Pin It on Pinterest

Share This