Hoërskool Velddrif

Wie is ons?

Die Hoërskool Velddrif is ‘n Afrikaanse gekombineerde hoër – en laerskool met ‘n leerdertal van ongeveer 460.  Dit is geleë op die dorp Velddrif, ongeveer 140km Noord van Kaapstad waar die Bergrivier in die Atlantiese Oseaan uitmond.

Die skool beroem homself daarop om onderwys te verskaf op ‘n suiwer Christelike grondslag aangesien dit die wese vorm van ons menslike bestaan en die bron is van ons toekomsverwagting.

Die opvoeders van die skool stel hulle dit ten doel om leerders so toe te rus sodat hulle nie net in hierdie veranderende wêreld waarin ons leef sal oorleef nie, maar ook om ‘n sinvolle bydrae te lewer tot ‘n beter samelewing.

 

Louise van Rensburg Waarnemende Hoof by Velddrif Skool Hoërskool

Louise van Rensburg

Waarnemende Hoof

Hoërskool Velddrif,

Voortrekkerweg, Velddrif
Posbus 32, Velddrif, 7365

Telefoon: 022 783 0028
E-Pos:    velddrifskool@gmail.com

Pin It on Pinterest

Share This