“ Die volgende twee Graad 1 leerders het die afgelope jaar uitgeblink in skopboks. Noah Cloete en Luan Robertson is slegs ‘n jaar lank studente by die Velddrif Kickboxing Klub, maar het gedurende hierdie tyd besonders goed gevaar. Altwee leerders het hul geel gordel ontvang en is reeds deel van die gevorderde klas. Daar was drie toernooie waaraan hulle deelgeneem het hierdie jaar en het hulle tussen hulle twee ‘n totaal van 12 medaljes gewen. Luan het 1 goud, 3 silwer en 2 brons gewen en Noah het reeds 3 silwer en 3 brons medaljes verower. Die laaste byeenkoms vir die jaar was “Destiny” waar meer as 1200 deelnemers van regoor die wêreld deelgeneem het. Ons twee jong skopboksers se plekke wat hulle behaal het het hulle gekwalifiseer om volgende jaar deel te neem aan die Wêreldkampioenskappe as deel van die SA-span. Voorwaar ‘n uitstekende prestasie vir sulke jong atlete! Baie geluk! Hou ook die ander Velddrif leerlinge dop wat hierdie jaar aangesluit het by die klub, daar is reeds ‘n paar van hulle wat uitstaan en verseker volgende jaar ook so goed sal presteer in hul eerste toernooie!”
You must be logged in to post a comment.