Skryfbehoeftes 2019 – Graad 2
Ek wil graag die volgende inligting aan u deur gee in verband met U graad 2-leerder:
Leerlinge benodig die volgende skryfbehoeftes:
Skryfbehoeftes – 2019 4 x A4 ‘Counter Book’ (192 pages) swart hardeband 5 x A4 Blanko (ongelinieer) wit bladsye oefenboeke (72 bladsye) 2 x A4 Blaailêer – 20 sakkie (Flip file) 3 x Carry Folder (Waltons of CNA) 1 x Stoelsakkie 1 x Pak kleurpotlode 1 x Pak Uitdraaikryte 4 x groot Pritt (1 per kwartaal) 1 x Uitveër 1 x Skêr 1 x 30cm Splintervrye liniaal 1 x Potloodskerpmaker 8 x Steadler Tradition HB Potlode (vir die jaar) Stewige Potloodsakkie 1 x Pak spreikaarte (Spar) 2 X White Board Markers |
Bogenoemde lys van skryfbehoeftes wat u kind volgende jaar gaan gebruik. Dit is u verantwoordelikheid om hier-die aankope te doen. Skryfbehoeftes word nie by die skool verkoop nie.
Maak seker dat u kind 2019 gereed begin.
Moet asseblief nie die boeke oortrek nie. Probeer so ver as moontlik u kind se skryfbehoeftes merk. Skryf asseblief u kind se naam op sy skryfboeke.
Klasreëls
- Ons is ‘n familie. Het respek vir elkeen in klas.
- As jy nie iets mooi van iemand kan sê nie, bly liewers stil.
- As jy vir juffrou antwoord. Gebruik ja en nee juffrou.
- Sê altyd dankie as jy iets kry of iemand vir jou help.
- Sê ekskuus as jy nie mooi gehoor het nie.
- Wees altyd trots op jou werk en jou klas.
- Moet nie in rye indruk of plek vir jou maats hou nie.
- Loop altyd doodstil in ‘n ry.
- As iemand in ons klas inkom, moet ek stil wees.
- Net een op ‘n slag mag praat.
- Geen rondlopery in klas nie.
- Mag nie in klas eet nie.
- Doen al jou huiswerk elke dag.
Dankie vir u samewerking
Groete
(GRAAD 2 JUFFROU) Doris Hiten – 083 473 1675